Welkom by Kleuterzone Kemptonpark

Marlene Rautenbach

Hoof

Brief uit die Hoof se pen:

Ek is Marlene Rautenbach en ek het die voorreg om julle hoof te wees by Kleuterzone Glen Marais.

 

Toe ek’n klein dogtertjie was was my grootste droom om eendag soos my mamma ook by ‘n kleuterskool te kan werk.  Ek sou later elke vakansie gaan help het by haar skool en so het ek die liefde vir kinders net meer gekweek.

Met 14 jaar se ondervinding in onderwys asook bestuur van besighede het Kleuterzone ‘n groot geleentheid op my pad gebring en ek dank die Here elke dag daarvoor.

Hier by ons skool gee ons vir elke kind die nodige aandig om seker te maak hulle behaal elke mylpaal. Ons stap’n pad saam met elke ouer wat ons vertrou met hulle klein mensie.

En dit is hier waar elkeen se drome begin.

Getuigskrifte

KleuterZone Kempton Park beskik oor besondere personeel met insig om doelwitte duidelik te identifiseer en uit te voer. Die personeel is altyd bereid om te help en deel graag hulle kennis met nuwe, onervare mammas and pappas. Die babas en kleuters word daagliks met liefde ontvang en word met groot deernis opgepas Daar word daagliks ouderdom gepaste aktiwiteite met die kinders gedoen om groei en ontwikkeling te bevorder. Indien mens onseker of bekommerd voel oor iets kan jy met die grootste vrymoedigheid na enige van die personeel toe gaan en die probleem word aangespreek en ‘n oplossing word voorsien. Ons het van dag 1 af welkom gevoel. Ons laai elke oggend met geruste harte ons kindertjies af en laai in die middae gelukkige, tevrede kinders op. Die hoof, Marlene Rautenbach, is ‘n besonderse vrou met n gesonde ambisie om ‘n groot sukses van die skool te maak. Sy is life vir wat sy doen en haar liefde vir haar werk spoel direk oor na ons kinders toe. Ons wens haar en haar personeel sterkte toe en bedank hulle vir ‘n werk welgedaan.
Danielle Havenga
Ouer